Riesling

Riesling

Riesling is 'n wit druiwesoort wat as een van die beste en belangrikste witwynkultivars beskou word. Dit aard en presteer die beste in koel-gematigde wynboustreke soos dié van Duitsland en ander lande, insluitende Suid-Afrika. Riesling is 'n laat kultivar wat stadig ryp word en in die laaste herfsson geoes word om 'n vrugtige droë witwyn met 'n vars suur op te lewer.

Duitse Riesling-wyne geniet hoë aansien op internasionale markte sodat in baie van Duitsland se voorste wynboustreke uitsluitlik Riesling-kultivars verbou word. In noordelike wynstreke soos die Moeselvallei en die Middelrynvallei is Riesling-wingerde byna uitsluitlik teen steil berghellings geleë. Riesling-wingerde beslaan in Duitsland sowat 23 000 hektaar.[1]

  1. "Deutsches Weininstitut - Deutsche Weine: Riesling". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Maart 2014. Besoek op 23 Februarie 2014.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy